LetterLocal news

‘n Ongewone landingsplek

Geluk is in die oomblik.

Vliegtuie is ontwerp om hoog bo die wolke te kan vlieg. Voëls is “ontwerp” om ook te kan vlieg. Swaeltjies kan verstommende afstande aflê. Sover soos 6000km.

Op ‘n plaas in die Kestell-distrik het ‘n woonkamerdeur oopgestaan na buite. ‘n Swaeltjie het ingevlieg en eers gesirkel soos vliegtuie dit doen. As daar gratis vervoer is, waarom nie daarvan gebruik maak nie?

Hierdie sonderlinge swaeltjie kies ‘n ongewone landingsplek..op die skouer van ‘n kruipende 11-maande oue seuntjie. Ezra Odendaal is van Bethlehem en kuier by sy ouma op die plaas, Heuninglaagte. Daar is deurentyd beweging van honde en mense rondom hierdie buitengewone gebeurtenis. Al skommelende ry swaeltjie saam.

Die 11-maande oue Ezra Odendaal is van Bethlehem. Foto: Verskaf
Die 11-maande oue Ezra Odendaal is van Bethlehem. Foto: Verskaf

Daar is geen aanduiding dat hy van plan is om te vertrek nie. Ezra se afstandskatting is glad nie sleg nie, hy gryp-gryp na die hinderlikheid op sy een skouer en kry die punt van die swaeltjie se vlerk beet. Sy greep was te swak en die voëltjie skuif homself weer reg.

Is daar ‘n verklaring hiervoor? Na my mening hoef daar nie navorsing gedoen te word oor hierdie seldsame gebeurtenis nie. Die misterie is voldoende vergoeding.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button