‘n Stukkie Pretoria-mooi in Parys
Jakarandabome is sinoniem met Pretoria, maar hier in Parys groet die pers van Jakaranda jou onverwags langs die pad.
Pretoria is bekend vir sy jakarandas wat hul pers blomtapyt in Oktober uitrol op die sypaadjies en strate van dié stad. Maar wil jy glo – by die kruising van Eerstelaan en Father Balinkstraat, sien jy overwags ook in die Vrystaatse dorp, Parys, n jakaranda staan, getooi met sy pers kroon.

Die storie van Pretoria se jakarandas
Die eerste twee jakarandas in Pretoria is so lank terug as in die 1880s in Pretoria geplant deur ‘n reisiger, Jacob Daniël (Japie) Cilliers wat die bome in sy tuin in Sunnyside geplant het.

Die eerste jakarandabome is oorspronklik uit Brasilië ingevoer. Later het ‘n pakkie saad per ongeluk tussen ‘n besending saad beland wat deur die staatskwekery in Groenkloof uit Australië, bestel is.

‘n Groot bydrae is ook deur James D. Clark in 1906 gelewer, toe hy ter viering van die 51ste bestaansjaar van Pretoria, 200 jakarandabome geskenk het. .

Sedertdien is die stad as Jakarandastad in vele gedigte en liedjies besing.

Die naam Jakaranda beteken ‘fragrant’ in ‘n Suid-Amerikaanse dialek.



