Teerwerk by kruising gaan nie voort nie
Nadat herstelwerk vroeër by die kruising gedoen is, is aanvanklik gesê dat die finale teerwerk môre gedoen sou word.
Die beplande teerwerk by die kruising van Breë- en Van Collerstraat wat môre gedoen sou word, is vir eers afgestel, glo weens ‘n kwessie oor betaling.
Die Ngwathe Munisipaliteit het vroeër sy Operation Fix my Road program bekendgestel waarmee 60 mense oor ‘n 12 maande periode vir die Padherstel- en Onderhoudsprogram opgelei sou word deur die diensverskaffer, Safeti (South African Foundation For Empowerment, Traininig & Innovation).
Gazette het navraag oor die betalingskwessie by die Ngwathe Munisipaliteit gedoen, maar is reaksie van die munisipaliteit nog nie teen druktyd ontvang nie. Die munispaliteit se reaksie sal geplaas word sodra dit ontvang word.



