NewsSportSport

Groot rolbal dié naweek in Parys

Die finale wedstryde van die Noordwes rolbal gemengde pare kampioenskap, vind Saterdag en Sondag by die Parys-rolbalklub plaas. Spel begin elke dag 09:00. Vier spanne van die klub, onder andere die verdedigende kampioenpaar, Rudi en Tracy Jacobs sal in aksie wees. Die ander drie plaaslike spanne is John en Magdel O’Donoghue, Trevor Wright en Toets …

Die finale wedstryde van die Noordwes rolbal gemengde pare kampioenskap, vind Saterdag en Sondag by die Parys-rolbalklub plaas. Spel begin elke dag 09:00.
Vier spanne van die klub, onder andere die verdedigende kampioenpaar, Rudi en Tracy Jacobs sal in aksie wees. Die ander drie plaaslike spanne is John en Magdel O’Donoghue, Trevor Wright en Toets van der Westhuizen, en Jaco Nel en Stienie Browne.
Die ander afdelingwenners wat in aksie sal wees is: Klerksdorp-rolbalklub se Pikkie Loots en Petra Rose, Louis Botha en Anina Neethling, Orkney se Herman en Adeline Earle, Schalk van der Merwe en Mathina Wessels van La Farge, Potchefstroom Buiteklub (PCC) se Helena Koekemoer en Jakkie Bezuidenhout en Ian en Hannetjie Nieuwoudt, Strathvaal se Jansen-egpaar Ferdi en Helen, Sega Mokoto en Solly Molefe van Weermag en die dertiende paar, Angus MacDonald en Christine Strydom van Fochville.
Die wenpaar sal later vanjaar aan die SA gemengde pare kampioenskap deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button