NewsNews

Geliefde oudonderwyser sterf

’n  Geliefde oud-onderwyser en jarelange inwoner van Parys, Org Prinsloo is Maandagaand in die ouderdom van 71 jaar oorlede. Die roudiens is Vrydag 9 Junie om 11:00 vanuit die NG Wes-gemeente. Org was vir sowat 35 jaar ’n inwoner van Parys waar hy baie geliefd was, nie net as onderwyser en atletiek- en rugbyafrigter nie, …

’n  Geliefde oud-onderwyser en jarelange inwoner van Parys, Org Prinsloo is Maandagaand in die ouderdom van 71 jaar oorlede. Die roudiens is Vrydag 9 Junie om 11:00 vanuit die NG Wes-gemeente.
Org was vir sowat 35 jaar ’n inwoner van Parys waar hy baie geliefd was, nie net as onderwyser en atletiek- en rugbyafrigter nie, maar ook as mense-mens, ’n  terggees en iemand wie se liefde vir kinders uitgestaan het.
Hy was vir jare onder meer wiskunde en skeinat onderwyser by die Weiveld Landbou- en Hotelskool, asook by die Wonderfontein Hoërskool in Carletonville en PCS.
Vroeër jare het hy ook die destydse Prinsloo Kaste gehad wat vandag bekend is as Prinskaste.
Die laaste jare het hy baie met sy gesondheid gesukkel en is hy aan sy hart oorlede.
Die familie sê dankie aan die personeel van Parys-hospitaal en Boitumelo-hospitaal asook Buthelezi ambulansdienste vir die vriendelikheid en deernis waarmee daar na hom omgesien is.
Hy word oorleef deur sy vrou Susan, seuns Jacques, Derick en Org jr., 3 skoondogters, kleinkinders en broers, dr. Hennie Prinsloo en Gert Prinsloo.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button