CommunityPhoto Galleries

Gastehuis in Carletonville word filmstel vir televisiereeks

‘n Bekende gastehuis op Carletonville het onlangs die filmstel vir ‘n televisiereeks geword. Me. Lourina Coetzee by die kombuismuur wat een van die deelnemers geverf het. Lourina Coetzee, die eienaar van Casa Lumini gastehuis in Oranjestraat, is reeds vir jare ‘n bekende in kunskringe oor die kunswerke wat sy uit kerswas maak. Dit is juis …

Me. Lourina Coetzee by die kombuismuur wat een van die deelnemers geverf het.

Me. Lourina Coetzee by die kombuismuur wat een van die deelnemers geverf het.
Lourina Coetzee, die eienaar van Casa Lumini gastehuis in Oranjestraat, is reeds vir jare ‘n bekende in kunskringe oor die kunswerke wat sy uit kerswas maak. Dit is juis dié kreatiewe konneksie wat daartoe gelei het dat die program Kunsvlyt, wat nou elke Vrydag om 18:00 op Kyknet te sien is, by Casa Lumini geskiet is.
Volgens Coetzee het sy en ‘n kennis sowat ‘n jaar en half gelede gesels oor die idee om ‘n televisiereeks waarin kunstenaars in ‘n werklikheidsreeks hul vaardighede moet benut. Sy is later gevra om ‘n kwotasie vir die opneem van die reeks by haar gastehuis te gee.
Alles het reg uitgewerk en vir 13 dae in Februarie het Blixem Produksies die reeks by Casa Lumini kom skiet. Die winkelgroep PNA het die reeks geborg en het ten tye van die reeks ‘n winkel in die gastehuis se agterplaas opgesit sodat deelnemers maklik die regte produkte kon kry om hul take mee te verrig.
Die finaliste wat in die reeks was, is uit honderde inskrywings van regoor die land gekies.
“Dit was so interessant om te sien wat die mense gedoen het en ons was elke oggend van 06:30 tot laat besig. Dit was ook wonderlik om die deelnemers te ontmoet en te leer ken. Hulle het van plekke soos Wellington, Worchester, Centurion, Kaapse Hoop en Frankfort gekom en niemand was nog ooit voorheen op Carletonville nie,” vertel Coetzee.
Die agterste deel van Coetzee se gastehuis was ideaal vir die reeks omdat dit reeds vol selfgemaakte en gerestoureerde ware is.
Die dak is ook die ideale hoogte vir ‘n ateljee en dit was dit nie nodig om veel vir die opneem van die reeks te verander nie. Werk soos byvoorbeeld die bou van spesiale werkstafels vir die deelnemers is deur ander plaaslike besighede gedoen. Van die mense wat by die produksie betrokke was, het ook by nóg ‘n gastehuis op die dorp oorgeslaap.
Die filmspan gebruik egter baie sterk ligte en Coetzee moes planne maak dat hulle ook elektrisiteit van haar buurvrou en haar ander huis in Eggo Janstraat trek om seker te maak dat alles klopdisselboom verloop.
“Vir groot dele van die dag moes ek en my personeel letterlik hier rondsluip omdat die hele plek letterlik ‘n filmstel was en mens nie kon raas terwyl hulle besig was om op te neem nie. Dit was egter heerlik om almal hier te hê. Behalwe vir die deelnemers, is daar byvoorbeeld van die filmspan se lede wat ook kunstenaars is,” sê Coetzee.Van
die deelnemers het so gemaklik by Casa Lumini begin raak dat een vrou byvoorbeeld
een aand ‘n stuk oop muur in die gastehuis se kombuis toegeverf het. Al die deelnemers het ook klein muurwerke as “handtekening” dat hul daar oorgebly het, agtergelaat. Volgens Coetzee sal sy die gastehuis weer vir iets soortgelyk laat gebruik. Sy het na aanleiding van die reeks ‘n navraag gekry dat ‘n musiekvideo daar geskiet
kan word, maar nog niks is in dié verband gefinaliseer nie.

Die handwerkstukke wat elkeen van die deelnemers agtergelaat het as "handtekening" dat hul by Casa Lumini was.

Die handwerkstukke wat elkeen van die deelnemers agtergelaat het as “handtekening” dat hul by Casa Lumini was.

Die oorblyfsels van die skryfbehoeftewinkel.

Die oorblyfsels van die skryfbehoeftewinkel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button