NewsNews

ESKOM wil elektrisiteitstariewe met 19.9% verhoog

Asof elektrisiteit nie reeds duur genoeg is nie, wil ESKOM elektrisiteitstariewe van 1 April 2018 met 19.9% verhoog. Die inligting het aan die lig gekom na Eskom hul voorlegging vir die beplande verhoging in elektrisiteit vir 2018/2019 aan die South African Local Government Association (SALGA) en die Nasionale Tesourie ingedien het om kommentaar daarop te …

Die inligting het aan die lig gekom na Eskom hul voorlegging vir die beplande verhoging in elektrisiteit vir 2018/2019 aan die South African Local Government Association (SALGA) en die Nasionale Tesourie ingedien het om kommentaar daarop te lewer voor dit aan NERSA (National Energy Regulator of South Africa) gestuur word.

Die finale besluit word deur NERSA geneem.

Moneyweb het vroeër die week die inligting bekend gemaak. ESKOM wil verder hê dat munisipaliteite wat elektrisiteit in grootmaat aankoop vanaf 1 Julie 2018 27.3% meer moet betaal.

NERSA het vanjaar ESKOM slegs ‘n 2.2% verhoging in elektrisiteitstariewe toegelaat.

Chris Yelland, energie ontleder, het aan Times Live gesê dat dit onwaarskynlik is die 19.9% verhoging toegelaat gaan word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button