NewsNews

So help VVA bestuurspan om fondse in te samel vir dié in nood

Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) Vredefort, spog met ’n dinamiese bestuurspan wat weet hoe om planne te maak vir fondsinsameling. Hulle het ’n  passie om bejaardes te versorg, en om om te sien na behoeftiges in die dorp. Om die diens van VVA te kan lewer, verkoop hulle tweedehandse klere en enige ander “wit olifant” …

Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) Vredefort, spog met ’n dinamiese bestuurspan wat weet hoe om planne te maak vir fondsinsameling.
Hulle het ’n  passie om bejaardes te versorg, en om om te sien na behoeftiges in die dorp. Om die diens van VVA te kan lewer, verkoop hulle tweedehandse klere en enige ander “wit olifant” artikels.
Hulle vra die publiek om bruikbare tweedehandse klere en ander artikels wat rondstaan  aan VVA te skenk om te verkoop vir fondse. Die items kan geneem word na die VVA-kantoor in Vredefort, Voortrekkerstraat 11. Mense wat ’n  bydrae wil maak, is ook welkom om die kantoor te skakel by (056) 9310 166. Dankie vir hulle wat reeds bydra.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button