NewsNews

Man loop met panga en mes op Bult rond

Parys Gazette se susterskoerant, die Potchefstroom Herald het reeds berig oor verskeie voorvalle op die Bult wat bevestig dat dit nie meer so veilig is nie. Die man lig die panga terwyl verbygangers vir hom kyk. Foto: verskaf ’n Man wat verlede Saterdag (16 September) openlik met ’n panga in die een hand en ’n …

Die man lig die panga terwyl verbygangers vir hom kyk. Foto: verskaf

Die man lig die panga terwyl verbygangers vir hom kyk. Foto: verskaf

’n Man wat verlede Saterdag (16 September) openlik met ’n panga in die een hand en ’n groot mes in die ander op die Bult rondgeloop het, het ’n gesin groot skrik op die lyf gejaag.

’n Student, wat verkies om anoniem te bly, sê sy en haar gesin het omstreeks 15:45 Bult toe gegaan om by Chicken Licken kos te koop.

“My broer het in die restaurant ingegaan en ek het saam met my ma in die motor gewag, toe ons ’n man met ’n panga en ’n mes sien rondloop,” sê sy.
“Toe my broer uitloop, het die man met die panga en mes by Chicken Licken ingeloop. My broer het hom nie gesien nie.”

Die man het 'n groot mes in sy ander hand gehad. Foto: Verskaf

Die man het ‘n groot mes in sy ander hand gehad. Foto: Verskaf

Sy sê die man het ingeloop, die panga bo sy kop gelig en toe weer uitgeloop. Hy het toe na Insleep geloop en sy panga en mes teen ’n boom skerpgemaak terwyl daar ’n kleuter sowat ’n meter van hom af verbygeloop het.
Hy het toe die panga en mes weer teen die muur buite Insleep gaan skerp maak, waarna hy in ’n taxi geklim wat weggery het.

“Hy het net daar op en af geloop. Van die mense wat verby hom geloop het, het net vir hom gelag, maar ons was baie bang,” sê sy.

“Dit is vir my onaanvaarbaar dat iemand met sulke gevaarlike wapens op die Bult kan rondloop en niks word daaraan gedoen nie. Daar is geen sekuriteit op die Bult nie en hy kon enige oomblik iemand seergemaak het.”
Sy sê sy en haar gesin is bang om selfs deur die dag na die Bult te gaan, aangesien dit nie meer veilig daar is nie. Kapt. Mvula Chaka sê die voorval is nie by die polisie aangemeld nie, maar sê enigiemand wat onveilig voel, kan die polisie skakel.

'n Jong kind loop etlike tree van die man met die panga verby. Foto: Verskaf

‘n Jong kind loop etlike tree van die man met die panga verby. Foto: Verskaf

Chaka sê hulle het onlangs met die Noordwes-Universiteit ’n gesprek gehad oor hoe hulle kan saamwerk om veiligheid op die Bult te verbeter.

Hoewel daar vrae kan wees oor die vreemde gedrag en geestelike welstand van die man, versterk dit egter die menings van baie inwoners dat die Bult ’n gevaarlike plek geword het.

Die Herald het reeds berig oor verskeie voorvalle op die Bult wat bevestig dat dit nie meer so veilig is nie.
In Julie is ’n karwag voor die Wimpy met ’n mes gesteek, ’n vrou is in September verlede jaar op die Bult verkrag en ’n student is ook vroeër vanjaar deur ’n medestudent met ’n mes gesteek. Dit is bo en behalwe dat dwelms glo vryelik beskikbaar is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button