NewsNews

Oupa (69) dood tydens aanval ‘n 69 jarige man is Vrydagaand omstreeks 22:00, op ʼn plot in die Vyfhoek omgewing by Potchefstroom, dood tydens ‘n vermeende plaasaanval. Illustration photo   Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici op toneel gekom waar hulle die man, Cobus van Wyk, op die grond gevind het. “Ongelukkig was …

Oupa (69) dood tydens aanval

police,saps

Illustration photo

 

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici op toneel gekom waar hulle die man, Cobus van Wyk, op die grond gevind het.

“Ongelukkig was daar niks wat  vir hom gedoen kon word nie,” het Meiring gesê.

Van Wyk is dood op die toneel verklaar.

Volgens Kol. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder, het Van Wyk en sy seun in een van die drie aanvallers vas geloop, waarna ‘n skoot geskiet is.

Die twee mans het ondersoek gaan instel na ‘n heiningalarm afgegaan het.

“‘n Stoeiery het ontstaan waarna ‘n haelgeweer, mes en selfoon van die verdagte afgeneem is. Die 69 jarige Van Wyk is op die toneel dood,” het Makau gesê.

Nog niemand is in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button