NewsNews

Drie in hegtenis na polisie op dwelmlaboratorium toesak

Danksy die publiek kon die polisie daarin slaag om drie verdagtes in hegtenis te neem na hulle Sondagaand ‘n dwelmvervaardigingslaboratorium ontdek het. Volgens kapt. FC van Wyk het die Milnerton-polisie ‘n leidraad van die publiek oor beweerde dwelmverwante aktiwiteite in Dilutaweg in Sunset Beach, Kaapstad ontvang. 10 Polisiebeamptes het die perseel net na middernag deursoek …

Volgens kapt. FC van Wyk het die Milnerton-polisie ‘n leidraad van die publiek oor beweerde dwelmverwante aktiwiteite in Dilutaweg in Sunset Beach, Kaapstad ontvang.

10 Polisiebeamptes het die perseel net na middernag deursoek en op vier Mandrax-tablette, drie Ecstasy-tablette en ook magic mushrooms afgekom.

‘n Geheime laboratorium met verskeie chemikalieë en dwelms is ook in een van die kamers gevind.

Die drie verdagtes, onderskeidelik 22, 38 en 53 sal na verwagting Dinsdag in die Kaapstadse landdroshof verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button