NewsNews

Parysenaars skitter by nasionale uitdunne vir Talent Africa

Parys spog met groot talent.

Die 17-jarige Marné Prinsloo, ’n  graad 11-leerling aan Hoërskool Parys, het aan die nasionale uitdunne van Talent Africa in Roodepoort deelgeneem, waar sy weggestap het met twee silwermedaljes in die afdelings vir “Pop Vocal” en “Broadway vocal”, asook goud vir “Gospel” en die “Vocal” ope katogorie.
Boonop is Marné ingesluit in die nasionale span wat haar land gedurende die wintervakansie in New York gaan verteenwoordig.
Die 16-jarige Juan Roodman, ’n  graad 10-leerling aan Hoërskool Parys, het op sy beurt silwer vir “Pop Vocal” ontvang.
Danielle Venter, ook ’n graad 10-leerling van Hoërskool Parys, het aan Talent Africa se “Acting Open” kategorie deelgeneem en kon spog met ’n  silwermedalje. Hierbenewens het sy na afloop van die Dance Star kompetisie  haar SA kleure in dans verower. Sy sal in Mei haar land by die World Dance Masters in Kroasië gaan verteenwoordig waar die top dansers van 28 lande teen mekaar gaan meeding. Danielle is ’n lid van die Danceworx Unlimited Studio in Vaalpark

Die talentvolle Marné Prinsloo van Parys wat kon spog met twee goud en twee silwermedaljes na afloop van die nasionale uitdunne van Talent Africa.

Juan Roodman kon spog met ’n  silwermedalje by Talent Africa.

Naas haar drama-talent waarvoor Danielle Venter met ’n silwermedalje beloon is by Talent Africa, sal sy ook haar land eersdaags in Kroasië gaan verteenwoordig by die World Dance Masters.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button