
Goeie nuus is dat hoewel Epilepsie SA se Jingle Bells Walk as gevolg van reën Saterdag uitgestel moes word, dit beslis nog sal laasvind!
Dit word môre, Woensdag 19 Desember gehou.

Kom beleef die baie besondere “Jingle Bells Walk” so kort voor Kersfees wanneer daar vanaf 19:00 vanaf die Garden Art Kwekery in Breëstraat gestap word terwyl Kersliedere by kerslig gesing word.
Dit is ’n 3km pretstap vir oud en jonk. Jy hoef nie fiks te wees nie – bring net jou glimlag en gemaklike stapskoene en kom sing bekende Kersgunstelinge.
Kershoedjies en klokkies vir jou skoene sal te koop wees teen R10 en R20, of maak ’n donasie en dra jou eie Kerskostuum.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



