
Die beloning vir inligting wat sal lei tot die veilige terugkeer van Oscar, die Pitbull Terriër wat net voor Kersfees in weggeraak het, is nou verdubbel na R4 000. Dit geld net tot 17:00 vanmiddag, 1 Januarie.
Oscar se hartseer en radelose eienaars het letterlik al oral na hom gesoek en is boodskappe van sy verdwyning ook wyd en syd op sosiale media gedeel. Ten spyte van verskeie leidrade wat gekry en opgevolg is, het die soektog na hom steeds niks opgelewer nie.
Daarom is besluit om die beloning vir 1 dag te verdubbel in ‘n desperate poging om Oscar op te spoor. Oscar het weggeraak op die h/v Eerstelaan en Delverstraat in Parys.
As jy weet waar Oscar is skakel of whatsapp baie dringend vir Ala op 082 377 8439.




