NewsNews

Meer as 26m kan stem

Meer as 26m kan stem

‘n Totaal van 26 756 898 geregistreerde kiesers sal op 8 Mei hul kruisies kan trek in die provinsiale en nasionale verkiesing.
Werd om te weet:
* Van die totale aantal geregistreerde kiesers is 55% vroue.
* Gauteng, KwaZulu Natal en die Oos-Kaap is die provinsies met die meeste geregistreerde kiesers.
* Die meeste geregistreerde kiesers is in die ouderdomsgroep 30-39 jaar en maak 24,9% uit van die kiesersrol.
* Die 2019 kiesersrol het
1 366 748 meer geregistreerde kiesers as met die 2014 verkiesing sê die OVK.
So het geregistreerde kieserstalle vir nasionale en provinsiale verkiesings die afgelope twintig jaar gegroei:
1999 – 18,17milj
2004 – 20,67milj
2009 – 23,18milj
2014 – 25,39milj
2019 – 26,74mil
Onthou slegs geregistreerde kiesers wie se name op die amptelike kiesersrol verskyn, sal op 8 Mei kan stem.
Jy moet jou groen strepieskode ID-dokument, slimkaart ID of geldige tydelike ID sertifikaat saamneem as jy gaan stem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button