Kragloos en dit oor lamppaal-botsing

Kragloos en dit oor lamppaal-botsing

‘n Motoris wat Vrydagaand 20:40 teen ‘n lamppaal op die h/v Paulsen en President Steynweg gebots het, en toe weggery het, is die rede waarom Parysenaars in dié omgewing steeds  sonder krag sit.

Herhaalde oproepe is na die Ngwathe munisipaliteit se noodnommer gemaak, en kon daar later nie meer na die nommer deurgekom word nie.  Gazette het self ook herhaaldelik die noodnommer probeer skakel maar sonder sukses.

Teen 12:15 vanmiddag was daar vir die eerste keer ‘n senior elektrisiën van Ngwathe op die toneel

Parys het boonop nie tans ‘n hysbak platform om die  kragkabels wat op die sypaadjie en in pad by die sirkel naby die lamppaal gelê het, te herstel nie. Van die inwoners in die omgewing moes self inspring om  die kabels te probeer wegsleep voor die oprit van  die huis op die h/v Paulsen en President Steynweg waar daar nie in of uitbeweeg kon word nie.

Teen 12:15 het die tegniese direkteur vir Ngwathe, mnr. Ntoampe Thobela aan mnr. Saal de Jager gesê dat ‘n hysbak platform van Sasolburg laat kom is en net na 13:00 hier sou wees. Dan eers kan begin word met die herstelwerk.

Die hysbakplatform van die munispaliteit wat op Vredefort was is lankal nie meer op die pad nie, en die hysbakplatforms wat Parys gehad het, is ook al ‘n geruime tyd onklaar, is verneem.

Sedertdien is ‘n hysbakplatform glo gehuur wat ook Donderdagaand terug is.

Sonder ‘n hysbakplatform maak dit die werk van die elektrisiëns van die munisipaliteit bykans onmoontlik.

Iintussen moet inwoners die ongerief verduur van ure sonder krag sit as gevolg van die “lamppaal ongelukkie” en onvermoë om krisisbestuur te kan doen.

Colin Viljoen van die Emunah Foundation is een van die ongelukkige inwoners in die omgewing wat vertel het hoedat rook uit van sy elektriese toestelle getrek het toe die kragtoevoer skielik gisteraand onderbreek is na die ongeluk. “Wie betaal vir die skade,” vra hy, en sê dat selfs sy sekuriteitskameras nie kon werk as gevolg van die urelange onderbreking.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button