Local newsNews

Potjie-bederf en rolbal-pret vir plaaslike MOTH-klub

Dit was 'n pretdag met lekker pryse wat gevra het na weer doen.

Terwyl die reuk van ‘n heerlike pot op die kole die monde laat water het, het 12 spanne in kleurvolle spandrag die balle aan die rol gesit op die plaaslike rolbalklub se bane ten bate van die MOTH Barrage Shellhole se Balle rol & potjiekosdag wat Saterdag gehou is.

Bobaas potjie-sjef Johan van der Merwe. Foto: Liezl Scheepers
Bobaas potjie-sjef Johan van der Merwe. Foto: Liezl Scheepers
MOTHs Johan Botha, Tobie Schlebusch, Johan van der Merwe en Henry Deale. Foto: Liezl Scheepers
MOTHs Johan Botha, Tobie Schlebusch, Johan van der Merwe en Henry Deale. Foto: Liezl Scheepers


Die wenspan was die Jack Attacks met hul kleurvolle Smartie-kolle, wat nie net die meesters op die baan was nie, maar ook met die louere weggestap het vir die oorspronklikste spantema.

Die kleurvolle Jack Attack span wat as wenspan van die dag gekroon is. Van links is Yolaine en Neels van Deventer, en Jaco en Melodie Pieterse. Foto: Liezl Scheepers

Die kleurvolle Jack Attack span wat as wenspan van die dag gekroon is. Van links is Yolaine en Neels van Deventer, en Jaco en Melodie Pieterse. Foto: Liezl Scheepers
Die tema-keuses van elke span het bygedra tot die dag se pret. Dié span was bekend as 'Boetie gaan border toe'.
Die tema-keuses van elke span het bygedra tot die dag se pret. Dié span was bekend as ‘Boetie gaan border toe’.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button