
Leané van Tonder het van 7 tot 24 Julie aan die Wêreldkampioenskappe vir Uitvoerende kunste in Los Angeles, Californië, deelgeneem.
Hier het die talentvolle Leané 2 brons, 2 silwer en 1 goue medalje vir dans en modelwerk verower. Sy het ook deurgedring na die semi-finaal waarvoor sy ook ‘n medalje ontvang het. Hierbenewens ontvang Leané die toekenning vir “Champion of the world” in die swemklere-afdeling vir haar ouderdomsgroep in die modelkompetisie waaraan sy deelgeneem het.
Skitterende prestasies vir dié jong Parysenaar.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



