Local newsNews

Bewarea gesels oor die beskerming van ons natuurlike gebiede – kom luister en gesels saam

Kom kuier saam en help bou aan ’n sterker toekoms vir die Vredefort Koepel

La Roche, een van die mooiste natuurjuwele in die Vredefort Koepel is in die proses om tot natuurreservaat verklaar te word.

Kom luister eerstehands na ‘n boeiende gesprek oor die vereistes en proses vir die verklaring van beskermde gebiede, insluitend natuurreservate ingevolge die Nasionale Omgewingsbestuurswet vir Beskermde Gebiede, Wet 57 van 2003. 

Biodiversiteitsbestuursbeamptes van die Noordwes Departement van Ekonomiese Ontwikkeling, Bewaring en Toerisme kom verduidelik hoe ons ons grond kan beskerm tydens die Koepel Bewarea se jaarvergadering. 

Daar is ook praktiese insigte uit die ervaring van La Roche wat waardevolle perspektief sal gee op die toepassing van natuurbewaring, en die daaglikse bestuur van beskermde gebiede.

Die wonderskone La Roche in die Vredefort Koepel wêrelderfenisgebied is in die proses om tot natuurreservaat verklaar te word. Foto: Verskaf

Kom kuier saam en help bou aan ’n sterker toekoms vir die Vredefort Koepel! 

Alle lede, grondeienaars, natuurbewaringsentoesiaste en belangstellendes word hartlik genooi om die jaarvergadering by te woon, Donderdag 22 Oktober  om 17:30 vir 18:00 by Kiepersol Country Retreat.

Hierdie is ’n belangrike geleentheid om meer te leer oor die beskerming van ons unieke natuurlike erfenis, en om saam oor die toekoms van die Koepel te gesels. 

Ná die vergadering is daar geleentheid vir samesyn. ’n Wonderlike geleentheid om bande tussen natuurbewaringsentoesiaste, grondeienaars en die breër gemeenskap te versterk.

’n Heerlike wildspot sal op die kole prut, bedien met stampmielies of rys, roomgebakte knoffelbrood, Waldorfslaai en wortelkoek. Toegang tot die ete is gratis vir Bewarea-lede. Nie-lede betaal R100 per persoon en kinders R50 per persoon. ’n Kontantkroeg sal ook beskikbaar wees.

Moenie hierdie betekenisvolle en gesellige aand misloop nie. Bespreek asseblief teen 19 Oktober by Pikkewyn via WhatsApp by 083 627 4403 om jou plek en ete te verseker. 

Kom luister en leer, en staan saam vir die bewaring van die Vredefort Koepel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button