Entertainment

Jak de Priester open nuwe verhoog – dra konsert aan Hoenderboer op

Jak de Priester open nuwe verhoog – dra konsert aan Hoenderboer op

NG Kerk Potchefstroom Noord het Saterdagaand, 7 September hul nuwe buitelugverhoog met ‘n konsert van Jak de Priester ingehuldig. Dié konsert is spesiaal aan die kerk se eertydse orrelis, Werner Ferreira opgedra wat in Februarie vanjaar, op sy verjaarsdag, aan ‘n skaars longsiekte oorlede is. Hy was maar 34 jaar oud.

Werner was vir ongeveer 10 jaar die orrelis van NG Noord voordat hy voltyds die begeleier van die sanger, Jak de Priester geword het. Hy het ook as die Hoenderboer bekend gestaan – ‘n bynaam wat Jak aan Werner gegee het.

Volgens ds. Johan Raubenheimer, het die kerk Jak en Werner se optrede bespreek lank voor Werner oorlede is. “Dit was baie hartseer, want  Werner was geliefd onder almal en was ‘n uitmuntende musikant. Hy was nie net ‘n begaafde orrelis nie, maar was ‘n uitstekende pianis, klawerbord- en trekklavierspeler. Ons het besluit om met die konsert voort te gaan en dit spesiaal aan hom op te dra”, sê hy.

Ds. Johan Raubenheimer (middel agter) saam met kinders van die gemeente net voor die konsert.

Die nuwe verhoog staan as die “Arena@Noord” bekend en is spesiaal gebou vir nog baie buitelugkonserte wat die gemeente beplan. Die volgende optrede, ‘n kerssangiens met Willie en Natasha Joubert, word op 3 November aangebied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button