EntertainmentLocal news

Skaterlag vir Die Van Vuurens vat vlam by vanjaar se Aardklop

Die prokuksie het by Laerskool Mooirivier tydens Aardklop 2024 plaasgevind.

Die skare by Dinsdagaand se vertoning van Die Van Vuurens vat vlam by die jaar se Aardklop, het lekker geskaterlag vir die produksie.

Lizz Meiring se sprankelende persoonlikheid, soos wat almal vir haar liefgeword het in Molly en Wors, kom sterk in die produksie deur. Sy het ook die produksie geskryf en vertolk een van die rolle. Cara Meiring en David Kuduntwane, wat hulle akteursdebuut met die produksie bekend gestel het, speel hulle rolle oortuigend goed.

Hierdie donkerkomedie laat jou nie net lekker lag nie,maar dit trek jou so in dat jy heeltemal vergeet jy sit in ‘n gehoor.

Sterna van Vuuren (Lizz Meiring), keer skielik terug huis toe na ‘n lang tyd oorsee. Haar broerskind, Bernadette van Vuuren (Cara Meiring) en dié se mimiekkunstenaar-kêrel, Flippie van Vuuren (David Kuduntwane), het nes geskrop in Sterna se huis.

Wat daarna volg kan net beskryf word as uiters uniek en verrassend.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button