NewsNews
Angs oor lisensie kos jogman sy lewe
VANDERBIJLPARK. – ‘n Jongman in sy twintigs van Vanderbijlpark is vroeg Maandagoggend, 9 September op die R57-pad naby Turbo Industriële Park aan ‘n hartaanval oorlede nadat verkeerspolisie hom afgetrek het. Die jongman is tragies dood nadat hy ‘n angsaanval gekry het, omdat hy glo nie sy lisensie by hom gehad het nie. Volgens ‘n …
VANDERBIJLPARK. – ‘n Jongman in sy twintigs van Vanderbijlpark is vroeg Maandagoggend, 9 September op die R57-pad naby Turbo Industriële Park aan ‘n hartaanval oorlede nadat verkeerspolisie hom afgetrek het.
Die jongman is tragies dood nadat hy ‘n angsaanval gekry het, omdat hy glo nie sy lisensie by hom gehad het nie. Volgens ‘n familielid het die angsaanval omgesit in ‘n epileptiese aanval wat uiteindelik tot ‘n hartaanval en sy dood gelei het. Volgens ‘n omstander het paramedici vergeefs om sy lewe geveg. – Koop vandeesweek Vaalweekblad vir die volledige berig


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



