News

NWU-dosent sterf nadat hy in sloot op kampus val

NWU-dosent sterf nadat hy in sloot op kampus val

Die liggaam van Rudi van de Venter (48) is net na 06:00 Saterdagoggend deur ‘n lid van Beskermingsdienste in die sloot gevind. Hy was reeds dood.

Die sloot is onlangs vir herstelwerk aan waterpypleidings gegrawe. Van de Venter was in die vroeë ure van Saterdagoggend vermoedelik te voet op pad na sy kantoor op die onderwyskampus toe hy in die sloot naby gebou B10 geval het.

Kapt. Aafje Bothma, ‘n provinsiale polisiewoordvoerder sê Van de Venter se liggaam is in ‘n onnatuurlike posisie, met sy kop na onder, in die sloot gevind.

“Daar word vermoed dat hy sy nek gebreek het,” sê sy.

Die polisie is tans besig met ‘n geregtelike doodsondersoek.

Louis Jacobs, ‘n woordvoerder van die NWU sê personeel en studente by wie Van de Venter betrokke was, ontvang vandag berading. Die universiteit se beraders staan sy familie ook by.

“Dit is vir die universiteit baie sleg om een van ons dosente te verloor. Veral onder sulke omstandighede op ons kampus,” sê Jacobs.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button