NewsNews

Onbekende man etlike kilometer onder trok gesleep

Polisie wil kontak met oorledene se familie maak

 

VANDERBIJLPARK – Die Vanderbijlparkse Polisie is op soek na familielede van ‘n man wat op 14 Desember onder ‘n vragmotor gesleep is en op die Golden Highway naby Vanderbijlpark, gesterf het.
Volgens polisiewoordvoerder sersant Gertrude Makhale word ‘n saak van strafbare manslag weens die voorval ondersoek.
Die vragmotorbestuurder beweer hy het eers na etlike kilometer agtergekom dat die onbekende manlike slagoffer onder die vragmotor gesleep word. Volgens Makhale het die oorledene ‘n blou T-hemp, blou langbroek en bruin skoene aangehad. Die oorledene was vermoedelik in sy vroeë 40’s.
Sersant Makhale doen ‘n beroep op enigiemand wat ‘n familielid, vriend, kollega of werknemer vermis wat aan die beskrywing voldoen, om die Vanderbijlparkse Polisie of speur-adjudant-offisier Booyens by 074 677 8131 of (016) 910-9000 te kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button