
Dr. Zwelini Mkhize, Minister van Gesondheid, het bekendgemaak dat SA se sterftesyfer weens Covid-19 nou op 12 staan.
Daar het tot dusver drie pasiƫnte in die Wes-Kaap, 1 in die Vrystaat, 1 in Gauteng en 7 in KwaZulu Natal gesterf.
Die infeksiesyfer het met 31 gestyg en staan nou op 1 686 pasiƫnte wat positief getoets het vir Covid-19. Hiervan is 713 in Gauteng, 462 in die Wes-Kaap, 257 in KwaZulu Natal, 89 in die Vrystaat, 32 in die Oos-Kaap, 19 in Limpopo, 18 in Mpumalanga, 11 in Noordwes en 7 in die Noord-Kaap. 77 Gevalle is nog nie aan provinsies toegewys nie.
Altesaam 58 098 mense is al getoets.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



