News

Goeie nuus vir kitskos en sigarette, maar steeds n nee vir drank en haarkappers

Wat jy van vlak 4 inperking moet weet

Vir verskeie nywerheidsektore in Suid-Afrika sal daar op 1 Mei effense verligting wees wanneer die land van vlak 5 inperking na vlak 4 inperkingsregulasies beweeg. Dit sal van toepassing wees vir die hele land en beteken dat meer sektore toegelaat sal word om stelselmatig te begin werk, hoewel daar steeds baie streng voorwaardes en veiligheidsmaatreëls sal geld.
Een van dié voorwaardes is dat gesigmaskers verpligtend is of jy nou by die werk is, gou uitgaan vir noodsaaklike goedere en dienste – ‘n masker moet jy dra, en niemand mag tussen 20:00 en 05:00 op straat wees nie.
In ‘n neutedop gesê:
Jy kan weer gaan stap of draf, maar die gimnasium en sportklubs bly nog gesluit. Geen georganiseerde sportbyeenkomste, parkruns, myruns ens.
Sigarette en drank
Jy sal weer sigarette kan koop, maar drank en wynverkope is ‘n nee. Kroeë en sjebeens bly gesluit.
Restaurante en kitskos
Om te gaan sit en eet in ‘n restaurant is  ‘n nee, maar jy kan kos van restaurante en kitskoswinkels bestel wat afleweringstelsels in plek het. Jy kan egter nie self ry en vir jou gaan kitskos koop nie en wat jy wil bestel  moet jy bestel tussen 09:00 en 20:00.
Klere kan jy koop
Kinderklere en wintersklere sal weer verkoop word.
Kleinhandel
Dinge soos komberse, boeke, skryfbehoeftes, elektronika wat selfone en rekenaars vir persoonlike gebruik insluit, kan weer na 1 Mei weer gekoop word.
Prokureurs en professionele dienste mag weer werk
Die aktekantoor maak weer oop en ingenieurs, ouditeure, boekhouers, mense in die regsprofessie en ander professionele dienste sal weer na 1 Mei hul werksaamhede kan hervat.
Vervaardigers:
Fabrieke  insluitend die wat motors en motoronderdele vervaardig, en die vervaardigers van goedere wat nou verkoop kan word, sal weer  vervaardigingsprosesse hervat MAAR net 20%  van werkers sal nou teruggaan werktoe. Jy sal ook weer jou motor kan laat herstel.
Herwinning
Informele en formele herwinning kan weer gedoen word.
Konstruksiewerk
Daar sal weer konstruksiewerk gedoen word soos by paaie en brue.
Myne
100% van oopgroefmynwerkers keer terug na hul werk en vir eers net 50% van die werksmag van ander myne.
 
Oproepsentrums kry ook verligting om verder uit te brei om oop te wees. 
Gas, petrol, parrafien en brandstof mag verkoop word
Maatskaplike dienste kan weer gelewer word.
Alle landbou, bosbou en vissery bedrywighede word toegelaat.
* Kerktoe gaan en ander sport, kultuur of sosiale byeenkomste is egter steeds ‘n nee. Dus sal jy ook nog nie vanaf 1 Mei by vriende kan gaan kuier nie. Dié wat mag gaan werk kan gaan werk, andersins sal jy net kan rondbeweeg vir noodsaaklike items en dienste.
* Huiswerkers word eers op vlak 2 toegelaat.
* Dit wil lyk asof haarkappers en skoonheidsterapeute eers op vlak 1 sal kan begin werk.
* Daar sal na verwagting Maandag gesê word wat die pad vorentoe vir skole en universiteite is.
* E-handelaars kan naas noodsaaklike produkte ook nou rekenaars en selfone verkoop.
* Diegene wat van die huis af kan werk, moet dit nog steeds doen.
* Bejaardes en mense met onderliggende gesondheidsprobleme moet waar moontlik ook nog tuis bly.
* Baie streng maatreëls sal in alle besighede geld en jy sal nie toegelaat word sonder ‘n masker nie. Sosiale distansiëring en daaglikse monitor van werknemers vir koors en ander simptome van Covid-19 sal voortaan gedoen moet word.
* Jy kan steeds nie oor provinsiegrense nie, tensy jy die nodige permitte het vir werksdoeleindes, die vervoer van goedere, sou skole en universiteite weer oopmaak en jy in ‘n ander provinsie na die instellings moet reis, asook vir begrafnisse.
* Vir begrafnisse word steeds nie meer as 50 mense by ‘n begrafnis toegelaat nie insluitend hulle wat ‘n diens by die begrafnis moet verrig.
Hier is die volledige dokument waarna jy kan gaan kyk
https://sacoronavirus.co.za/covid-19-risk-adjusted-strategy/
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button