NewsNews

400 Miljoen bottels se bier dalk verlore

400 Miljoen bottels se bier dalk verlore

As die regering nie toestemming gee dat SA Brouerye van sy gebroude bier wat nog by sy brouerye is binne die volgende 48 uur kan vervoer na van sy opgaarplekke nie,  sal nagenoeg 132 miljoen liter bier vernietig moet word.

Netwerk24 berig dat SAB Maandag die departement van handel en nywerheid gevra het om sy verpakte bier te mag vervoer anders sal die voorraad weggegooi moet word wat weer ‘n geweldige invloed op die omgewing sal hê.

Sou dit gebeur sal SAB volgens Netwerk24  vir vier maande nie op volle kapasiteit bedryf kan word nie wat 2 000 poste in gedrang sal bring, en bes moontlik nog 75 000 poste in die verskaffingsketting kan raak.

Die brouery het te min plek om die gebroude bier te stoor en moet die brouerye sodra die toegelate limiet bereik word dit op ‘n ander terrein  stoor.

Soos baie ander maatskappye is SAB baie ernstig geraak deur die staat van nasionale inperking. Daar kon sedert 23 Maart nie nuwe bier gebrou word nie, en sedert 8 April nie bier verpak of vervoer word nie.

Bron: Netwerk24

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button