NewsNews

As die oefengolf die buurt se strate tref…..

weet ek hoe dit met my bure gaan

Ons is mos nou een maal nie almal gebore met tekkies aan nie. En behoede die een wat weer na Suid-Afrikaners verwys as rond en gesond.

Maar  toe daar gesê word jy kan oefen, toe is die tekkies  aan, die deure wawyd oop. Word almal stappers en drawwers vir daardie 3 ure se grendel-grasie.

Opgeline ma, pa en kinders, die hele worx met die hond aan die leiband.

Van inlê  as die oggendluggie nog op sy koudste is, is geen sprake nie – want oefen gaan ons oefen.

En soos die uurwyser nader aan 9 uur kom, word die strate al besiger.

Ons drink en rook nie meer nie, en die ronder word nou al gesonder.

Die Comrades kry dalk sy rekord inskrywings aanstaande jaar, en laas jaar se winterklere gaan  pas.

En vir die eerste keer weet jy hoe dit regtig met jou bure gaan. Want in die oefengolf wat die strate soggens klokslag om 06:00 tref, stap jy die pad saam.

Dis nie meer ‘n vinnige waai in die verbyjaag nie. Daar’s nie meer sportoefening en kinders oplaai nie. Jy leef eenvoudiger, stadiger, sonder horlosiewysers.

Jy leen en deel tamaties, eiers en medisyne by jou bure oor die straat.

En dalk vir die eerste keer – leef jy weer – minder rond en gesond van binne weer.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button