News

Braaivleisvure brand in dorp se hoofstraat

Laatmiddag is die braaivleisvure in Parys se hoofstraat aangesteek en vergeet van kwarantyn-kommer en grendelgeite. ‘n Lekker sypaadjie braai en kuier soos net Parysenaars kan. Daar is terselfdertyd dankie gesê aan alle essensiële dienste wat veral nou tydens die Covid-19 pandemie onder moeilike omstandighede moes werk. Die span van EMS Chaplaincy & Trauma Support Parys …

Laatmiddag is die braaivleisvure in Parys se hoofstraat aangesteek en vergeet van kwarantyn-kommer en grendelgeite.

‘n Lekker sypaadjie braai en kuier soos net Parysenaars kan.

Daar is terselfdertyd dankie gesê aan alle essensiële dienste wat veral nou tydens die Covid-19 pandemie onder moeilike omstandighede moes werk.

Die span van EMS Chaplaincy & Trauma Support Parys het saam kom braai en is van die essensiële dienste wat tydens die Covid-19 pandemie  ‘n waardevolle diens lewer. 

 

Dankie aan elkeen wat kom saam braai het. Dit was lekker!

 

  • Die braai was die inisiatief van die Parys Dames  Besigheidsheidsklub bekend as We do Deals on Wheels wat innoverende bemarkingsgeleenthede reël en ook nou weer op hierdie manier wou bydra om besoekers terug te verwelkom in die dorp.

Dit is juis nou dat plaaslike sakeondernemings jou ondersteuning nodig het. En het jy gesien hoe besig was die dorp vandag?

  • Gesels gerus met hierdie dinamiese dames as jy idees en voorstelle het vir die bemarking van die dorp.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button