Polisie hou waaksame oog na aanval op vragmotors

  Die polisie het vandag, Maandag 23 November,  steeds ‘n waaksame oog langs die R59 tussen Parys en Sasolburg, gehou nadat vyf vragmotors Saterdagaand hier aan die brand gesteek is. Die situasie was kalm vandag en geen verdere voorvalle is met die plasing van hierdie berig aangemeld nie. Tydens Saterdagaand se voorvalle is ‘n petrolbom …

 

Die polisie het vandag, Maandag 23 November,  steeds ‘n waaksame oog langs die R59 tussen Parys en Sasolburg, gehou nadat vyf vragmotors Saterdagaand hier aan die brand gesteek is. Die situasie was kalm vandag en geen verdere voorvalle is met die plasing van hierdie berig aangemeld nie. Tydens Saterdagaand se voorvalle is ‘n petrolbom na die eerste vragmotor gegooi, waarna op nog vier vragmotors geskiet is, en dit  aan die brand gesteek is. Die vragmotorsbestuurders is hoewel erg getraumatiseer, nie ernstig beseer nie.

Saterdagaand se voorvalle het gevolg nadat daar sedert verlede Donderdagnag minstens 9 vragmotors langs die N3 naby Heidelberg aan die brand gesteek is, en ‘n vragmotor naby ‘n oorbrug by Germiston geplunder is. Volgens polisiewoordvoerder, brig. Motantsi Makhele, was Saterdagaand se eerste voorval net voor 21:00 toe die petrolbom na die vragmotor gegooi is en die vragmotorbestuurder  gedwing is om die vragmotor skuins oor die pad te parkeer.

Daarna het die aanvallers op die ander vier vragmotors geskiet. Die vragmotorbestuurders het die veld ingehardloop en het hulle aanvallers toe die vragmotors aan die brand gesteek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button