Tuinpraatjie: Tuinmaak is goed vir jou!
Tuinpraatjie: Tuinmaak is goed vir jou!

Ā In ons almal is daar iets wat smag na die natuur. Soms wil ons net stil raak, die reuke inasem. Soms wil ons die natuur hoor, en soms wil ons die natuur aanraak. Enige mens, oud en jonk, wil soms net wegraak in die rustigheid van die natuur. Ons wil deel wees van iets wat die Skepper se mooiste handewerk is.
Almal het ongelukkig nie groen vingers nie, en soms weerhou mense dus hulself van een van die mees gesondste dinge om te doen – tuinmaak. Party kan eenvoudig nie meer nie, as gevolg van gesondheid, bewegings beperkinge, en sommige omdat hulle nie meer toegang tot ān tuin/ beddings het nie. In Parys is baie tuine diĆ© van stedelinge wat slegs naweke kom wegbreek van die stad se lawaai, maar daar is beslis voordeel in tuinmaak al kan jy dalk net op ān Saterdag ān paar uur in die tuin spandeer.
Wat die voordeel van tuinmaak?
* Dit word gesien as matige intensiteit oefening
* Dit het ān positiewe impak op geestesgesondheid
* Dit verhoog lewenstevredenheid * Verminder simptome van depressie
* Verhoog konsentrasie en aandag
Dit klink amper soos ān wonderpil, maar ān paar minute se grou en speel in die tuin is so goed soos ān wonderkuur! Ons leef tans in ān baie onsekere tyd. Ons bekommernisvlakke het in die laaste jaar verdubbel. Om kos te koop is baie belangriker as ān mooi bedding of tuin – en dit is te verstane.
Die goeie nuus is dat tuinmaak nie noodwendig geld moet kos nie. Op die regte tyd kan net die herplant van huidige plante in jou tuin ān groot verskil maak. Om ān leeshoekie te skep in jou tuin is so maklik soos om ān ou stoel op ān spesiale plekkie in jou tuin te plaas. Nog ān wenk is om in plaas daarvan om voor die kassie te eet, jou bord kos uit te dra en onder ān boom in jou tuin te eet. Plant groente, en maak die kinders deel daarvan. Waar daar gesondheidsinperkinge is, kry ān tuindiens om jou tuin in ān paradys te omtower en gaan spandeer tyd buite. In Parys is baie huurhuise.
As jy nie self die toerusting het, kry ān tuindiens en hou jou huurplekkie in stand, sodat jyself ook soms lus het om in die beddings te vroetel en buite te wil eet of lees. Ons tuine weerspieĆ«l tog ons siele. As jy ān geliefde aan die dood moes afstaan in hierdie tye – plant ān gedenkbedding of ān boom sodat jy daar kan sit en ook so herinneringe aan jou geliefde kan koester, want begraafplase bied lankal nie meer vir ons die vertroosting nie. Skep vir jouself (of deur van ān diens gebruik te maak) ān eie veilige hawe in jou tuin. Daar waar jy kan wegraak, kan luister na die natuur se geluide en naby aan jou Skepper kan wees. Dit is oor en oor bewys – tuinmaak of selfs net om in jou tuin te wees, maak mense gelukkig en rustig, en om jou tuin te kan deel met iemand wat nie toegang het tot een nie, maak jou ān besonderse omgee mens! Gaan uit, geniet jul tuine! Ā Ā
Ā 



