News

3-Jarige amper ontvoer in Sasolburg, ‘n vrou gearresteer

3-Jarige amper ontvoer in Sasolburg, ‘n vrou gearresteer

 

 

SASOLBURG. – ‘n Jong ma van Sasolburg was Vrydagaand, 30 April besig om inkopies by ‘n winkelsentrum in Sasolburg te doen. Haar 3-jarige seuntjie was by haar. Sy het opgemerk dat drie vroue lyk asof hulle haar dophou. By die betaalpunt, het dieselfde vroue agter haar gestaan. Daar was ook ‘n man met ‘n donker baadjie aan wat die heeltyd in die omgewing was.

 

Die ma, wat gevra het om anoniem te bly, het heeltyd haar seuntjie dopgehou, maar toe sy ‘n oomblik wegkyk, het een van die vrouens die seuntjie opgetel en met hom weggeloop. “Ek het haar verbaas aangekyk. Ek het eers gedink sy skeer die gek, maar toe sy doodluiters aanhou loop, het ek agter haar aangehardloop en die kind by haar gevat,” het sy in ‘n telefoniese onderhoud aan Vaalweekblad gesê.

 

Sy het die vrou gevra wat doen sy en sy het geantwoord: “I’m leaving with your child”. Nadat sekuriteit geroep is, het die vrou gesê dit was net ‘n “grap”. Die mamma sê sy was erg geskok en het haar inkopies betaal en huis toe gegaan. Die werklikheid van alles het haar eers later getref en Maandagoggend het sy ‘n saak by die polisie gaan maak. Sy het op Dinsdag, 4 Mei gehoor dat die vrou in hegtenis geneem is en tans in aanhouding is.

 
 

  https://vaalweekblad.com/93580/3-jarige-amper-ontvoer-in-sasolburg-n-vrou-gearresteer/  

 

 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button