Personeel van Parys Sekuriteit en Parys SAPD-lede wat gehelp het met die arrestasie van twee persone in verband met die diefstal van buite bewegingsensors, is Brad van Rooyen, Corné Villet, konst. George Kamfer, Coenraad de Jager, Johan Clasen, a.o. Celeste Verster en Christopher Grace. Chris de Jager en Barend Struwig, ook van Parys Sekuriteit, was afwesig met die neem van die foto.
Verskeie inwoners het sedert voorverlede Sondag deurgeloop in ‘n vlaag van diefstal van buite bewegingsensors wat uit erwe gesteel is by beide besigheidspersele sowel as private woonpersele. ’n Sekuriteitsmaatskappy in die dorp het op een aand nie minder nie as 25 kliënte gehad wat deurgeloop het, terwyl ook ander sekuriteitsmaatskappye voorvalle gerapporteer het. Die gesamentlike totale skade van een van die maatskappye se kliënte wat Sondagaand, 25 April deurgeloop het, beloop in die omgewing van R75 000 om die sensors te vervang.
Die sensors word baie versigtig deur die diewe verwyder, juis sodat dit herverkoop kan word teen ‘n derde van wat die werklike aankoopkoste is.
Dit blyk dat die sindikate wat hiervoor verantwoordelik is, eers in Johannesburg en Vanderbijlpark bedrywig was en klaarblyklik nou uitgewyk het na kleiner dorpe.
Die polisie in samewerking met Parys Sekuriteit het egter verlede week reeds twee persone in verband met dié diefstal gearresteer. Nog arrestasies mag volg namate die ondersoek vorder.
Personeel van Parys Sekuriteit en Parys SAPD-lede wat gehelp het met die arrestasie van twee persone in verband met die diefstal van buite bewegingsensors, is Brad van Rooyen, Corné Villet, konst. George Kamfer, Coenraad de Jager, Johan Clasen, a.o. Celeste Verster en Christopher Grace. Chris de Jager en Barend Struwig, ook van Parys Sekuriteit, was afwesig met die neem van die foto.
Die beste raad om jou buite sensors te beskerm teen dié diefstal, is om by jou sekuriteitsmaatskappy wat jou alarm monitor navraag te doen oor opsies wat tans op die mark beskikbaar is om die sensors te beveilig (anti theft bracket).
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.