Parys-dansers van die Aldanté Dansstudio wat geskitter het by die provinsiale uitdunne. Agter van links: Hané Koen, Mia Ferreira, Lorraine van Rensburg, Kyra Visser, Mari Potgieter en Danelle Rossouw. Voor is Kristi-Mari van Rooyen, Annika Coetzee, Mike Potgieter en Amore Britz. Marlique Wasserman wat afwesig toe die foto geneem is.
Verskeie studente van die Aldante Dansstudio het die naweek van 13-15 Augustus in Potchefstroom aan provinsiale uitdunne in verskeie dans genres deelgeneem. Van hierdie leerders het na afloop van die uitdunne hul Noordwes-kleure ontvang vir onder meer solo’s, duo’s en groepdanse. Hulle sal nou die Noordwes-provinsies by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vir die Uitvoerende Kunste gaan verteenwoordig. Die kampioenskappe word van 1 tot 10 Oktober in Rustenburg gehou. Naas die dansers is daar ook modelle van Janny Djan Models in Potchefstroom wat ook gekies is vir deelname aan die Suid-Afrikaanse kam- pioenskappe vir die Uitvoerende Kunste. Baie sterkte aan die Parys-studente wat onder hierdie groep dansers en modelle is.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.