NewsNews

Carli het jóú stem nodig vir die World Monologue Games finaal

Carli het jóú stem nodig vir die World Monologue Games finaal

Carli de Jager van Parys sal vandeesweek aan die wêreldwye finaal van vanjaar se World Monologue Games deelneem. Dit beteken dat dié graad 2-leerder van Parys Primêre Skool een van die net 95 deelnemers uit 50 lande sal wees wat in dié kompetisie sal meeding.

Die 8-jarige Carli was een van 12 kinders uit Afrika wat vroeër aan die streekfinaal op 17 September deelgeneem het in die kategorie 11 jaar en jonger. In haar monoloog vertel sy vir Kersvader dat dogtertjies ook hou van bou, en eerder Lego wil hê pleks van sagte speelgoed.

Sy was met die streeksfinaal een van die 3 deelnemers wat met die beoordelaars se stemme gekies is. Sy het ook die derde meeste kykerstemme gehad Met vandeesweek se finaal sal Carli 1 van 16 in die ‘Tigers’ kategorie wees.

Die uitsending van die finaal is op Vrydag 12 November om 11:00. Kykerstemme vir die deelnemers sal dan vir 48 uur ná die uitsending oop wees. Vir die finaal word die kykers se stemme gebruik as ‘n ekstra ‘beoordelaar stem’. Jy kan vir Carli stem deur die skakel te volg in die beskrywing wat beskikbaar sal wees aan die einde van die uitsending.

Gaan kyk gerus Vrydag na die uitsending by https://youtu.be/yvDfJNAYxv8 Carli het benewens die World Monologue Games ook vanjaar by 3 Eisteddfods tot by die nasionale rondtes deurgedring.

Vir ConSpirito het sy 4 items in die finaal gehad en was aangewys as itemwenner vir Gedramatiseerde Poësie asook English Monologue. Vir die Youth Arts Festival se finaal was sy itemwenner vir Undramatised Poetry. By Allegretto het sy ook nasionale erkenning gekry vir drie items – English Monologue, Formal Poetry en Stilstaande Poësie.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button