NewsNews

Tweeling in verskillende jare gebore

Tweeling in verskillende jare gebore

‘n Tweeling wat op oujaarsaand in die VSA gebore is, is slegs 15 minute uitmekaar gebore maar in verskillende jare.

 

Volgens Sky News, het Fatima Madrigal en Robert Trujillo, hulle seun, Alfredo Antonio ongeveer 23:45 op oujaarsaand verwelkom. Toe die klok middernag slaan is die ander helfte van die tweeling gebore. Aylin Yolande Trujillo is die eerste kind wat in 2022 by die Natividad mediese sentrum gebore is. Sy en haar ouboet se geboorte datums is op ‘n verskillende dag, maand en jaar.

“Dit is iets wat ek nooit sal vergeet nie. Dit was ‘n groot voorreg om te help om hierdie kleintjies veilig in 2021 en 2022 in te bring. Dit is ‘n wonderlike manier om die jaar te begin,” het Dr. Ana Abril Arias, van die mediese sentrum gesê.

https://potchefstroomherald.co.za/99721/tweeling-in-verskillende-jare-gebore/

 

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button