Nuwe wet op billike indiensneming kom neer op industriële sabotasie
Indien die president die wet bekragtig, sal dit ‘n reuse bedreiging vir die vrye markstelsel en ‘n markgerigte ekonomie inhou.

Dit gaan te midde van reeds bestaande druk op ekonomiese groei nog verdere beswarende bepalings aan veral groter ondernemings oplê.
Die VF Plus doen ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa om nie die wetsontwerp te bekragtig nie omdat dit ‘n negatiewe invloed op beleggingsvertroue en ekonomiese herstel sal hê wat onafwendbaar nie tot swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en transformasie sal lei nie.
Indien die president die wet bekragtig, sal dit ‘n reuse bedreiging vir die vrye markstelsel en ‘n markgerigte ekonomie inhou.
Die wet kan aan die minister ingevolge artikel 15(a) van die wetsontwerp totale mag verleen oor wie in ‘n maatskappy aangestel mag word.
Die wet sal werkloosheid in Suid-Afrika nog verder laat eskaleer en lei tot ‘n verdere uitvloei van kundigheid en sakeondernemings uit die land.
Die VF Plus doen ‘n beroep op die sakesektor om saam met die party en ander rolspelers druk op die president toe te pas om die wet nie te onderteken nie.





