Op die oomblik word inkomende verkeer vanaf Klerksdorp die meeste geraak.
Dit is onduidelik waaroor die betogers ongelukkig is, maar mag dalk verband hou met die groot tekort aan water wat sedert verlede week in groot gedeeltes van Promosa, Mohadin en Ikageng heers.
Betogers het reeds Dinsdag (5 Julie) op die N12 oor die kwessie betoog. Volgens die munisipaliteit is die tekort aan water veroorsaak deur kabeldiefstal by die waterpompstasie wat water na resevoirs in die areas moet pomp.
Die munisipaliteit het gesê dat hulle watertenkers na die geaffekteerde areas sal stuur terwyl herstelwerk aan die pompstsie gedoen word. Alhoewel inwoners het glo teen gistermiddag (6 Julie) nog vir water gewag.
Madra de Bruin, ‘n DA raadslid het in ‘n whatsapp boodskap mense gemaan om liewer alternatiewe roetes te gebruik.
Hou die Herald se webtuiste dop vir meer rondom die kwessie soos dit ontvou.






