
Mizelle Terre’Blanche van Parys het die uitsonderlike prestasie behaal om met ‘n vyfde plek te kon wegstap vir haar Jazz roetine by die Dance World Cup in Spanje. Sy het teen 65 van die wêreld se beste dansers in dié item meegeding.
Twee en sestig lande was vanjaar verteenwoordig by dié internasionale danskampioenskap.
Mizelle het kort voor haar vertrek na Spanje ook haar Pre-Elementry Moderne danseksamen gedoen. Terwyl sy in Spanje was het sy gehoor dat sy dié eksamen met 100% geslaag het. Sy ontvang ook die “AIDT Examiner Award” vir haar uitstekende werk.
Mizelle is deel van die Danceworx Unlimited-studio van Elirine Kotze in Vaalpark, en is ‘n matriekleerder aan die Hoërskool Ferdinand Postma in Potchefstroom. Sy is die dogter van Muller en Gisella Terre’Blanche.





