News

Publiek kan sê van gate wat pla

Met die amptelike bekendstelling van Valla Zonke vandag op die R59 naby Vaalpark en by die kruising van die R59 met die R501 tussen VIljoenskroon en Potchefstroom, is gesê dat die Vala Zonke-progrm daarop gemik is om slaggate op paaie regoor die Vrystaat oor die volgende 6 maande te herstel. Slaggate op die R57 by …

Met die amptelike bekendstelling van Valla Zonke vandag op die R59 naby Vaalpark en by die kruising van die R59 met die R501 tussen VIljoenskroon en Potchefstroom, is gesê dat die Vala Zonke-progrm daarop gemik is om slaggate op paaie regoor die Vrystaat oor die volgende 6 maande te herstel. Slaggate op die R57 by die kruising met die R59, asook op die  R59 vanaf die Vanderbijlpark afrit tot by Parys sal ook met die program reggemaak word.

Die amptelike bekendstelling van die program is vandag ook  deur die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela bygewoon.

Minister Fikile Mbalula het vroeër motoriste aangemoedig om slaggate op provinsiale paaie voortaan te rapporteer op ‘n selfoontoepassing wat nou vir die doel beskikbaar gestel sal word.

Foto’s: Debbie Prinsloo: RIMS koördineerder

Met vandag se bekendstelling van Operasie Vala Zonke  as omvattende program om slaggate op die land se paaie aan te spreek, het die minister gesê dat die toepassing op Google Playstore of die Apple App Store afgelaai kan word.

Die toepassing sal soos sy eweknie, die Sanral Pothole Management toepassing, verbruikers toelaat om kwessies oor slaggate hier te rapporteer, foto’s van die slaggate op te laai en die presiese ligging van slaggate op die land se paaie op ‘n interaktiewe kaart aan te dui. Die toepassing maak ook voorsiening vir opdatering van  kwessies rakende slaggate wat gerapporteer is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button