Moenie die waarde van goeie buurmanskap onderskat nie
Vandag, meer as ooit, is dit belangrik dat jy weet wie jou bure langs jou, maar ook oorkant jou is.

Of dit ān verdagte beweging in jou erf is, jou alarm wat skielik sou afgaan, honde wat in die straat beland, of selfs ān brand of ander nood. Jou bure is waarskynlik die mense wat jou eerste sal laat weet as daar fout is by jou huis, of by wie jy gaan aanklop in tyd van nood. Tog gebeur dit dikwels dat mense vir jare in ān buurt bly en nie weet wie hul bure is nie.
Vandag, meer as ooit, is dit belangrik dat jy weet wie jou bure langs jou, maar ook oorkant jou is. Om te gaan kennis maak en telefoonnommers te ruil, en meer aandag te gee aan wat in jou woonbuurt gebeur.
As jy weet wat in jou buurt aangaan, watter voertuie daar beweeg, wie van jou bure bedags tuis is, wie dalk vir ān tyd weg is, waar daar bejaardes of siek persone sou wees, maak dit, dit soveel makliker om effektief en vinnig te kan optree en hulp te verleen wanneer nodig. Só sal jy weet om verdagte bewegings in ān buurman se erf wat met vakansie is, te rapporteer, of te gaan seker maak of alles in orde is by ān bejaarde buurman of buurvrou wat jy dalk vir ān tyd nie gesien het nie.
Die waarde van goeie buurmanskap geld ook veral tydens langdurige nood wanneer kommunikasie netwerke af is, en dit baie belangrik is om mondelinge kommunikasie te behou deur die āgrapevineā sodat hulpbehoewende mense nie oor die hoof gesien word nie, sĆŖ Wynand Nel van WeCare.
ān Waardevolle wenk is om ān kontakpersoon/e in jou straat of blok te nomineer wie se kontakbesonderhede op ān buurtwaglys geplaas kan word. So ān persoon kan dan help om seker te maak dat kontak gehou word met mense in ān blok of woonbuurt, of dat nood dadelik deurgegee kan word.
Wees aktief by jou buurtwag betrokke, sĆŖ Wynand. Skaf ān noodfluitjie aan waarop jy kan blaas om mense in jou onmiddellike omgewing te waarsku en boosdoeners af te skrik.
Hou altyd genoeg kontant byderhand om brandstof en lewensmiddele te kan aankoop. OTM en kaartmasjiene sal moontlik nie werk wanneer krag en kommunikasienetwerke nie werk nie.
Hou altyd genoeg drinkwater vir ān paar dae byderhand vir jou huishouding, asook water vir sanitĆŖre doeleindes as jy kan. Nie-bederfbare kos is ook belangrik. Maak seker dat jy genoeg chroniese medikasie het om ān noodsituasie te oorkom.
As jy alleen woon, siek of verswak is, reĆ«l dat iemand gereeld ān draai by jou maak. As jou familie ver bly, verskaf aan hul nommers van ān buurman, vriend of organisasie wat kan kom inloer as hulle nie jou in die hande kan kry nie.
Hou ān flits altyd handig naby. Herlaaibare flitse en ligte is baie gewilde items. Maak seker jy het ān betroubare manier om dit te herlaai.
Maak seker dat jou woning se hoofskakelaar, of ten minste stowe, mikrogolwe, geysers en verwarmers afgeskakel is en af bly totdat kragtoevoer behoorlik herstel is na ān kragonderbreking om skade en brande te voorkom. Vermy oop vlamme (byvoorbeeld kerse) in vertrekke waar daar nie mense sou wees nie. Skaf beslis ān brandblusser aan, en installeer op ān maklik bereikbare plek om ān brand gou te kan blus. Hoe langer ān brand woed, hoe langer neem dit om te blus.
Onthou ook om brandblussers gereeld na te gaan en te diens. Vergewis jouself en jou gesin van die werking daarvan. Gaan jou gastoerusting gereeld na. Hou brandbare items en brandstof toe en ver weg van toerusting in gebruik.
Noodkragopwekkers word baie verwaarloos, en kan lewensgevaarlik wees as dit verkeerd gebruik word. Diens jou noodkragopwekker betyds voor sy voorgeskrewe diensperk (gewoonlik 60-ure vir klein petrolenjins en 100-120 ure vir groot dieselenjins) en hou boek van die enjin ure.
Hou ook ān ekstra, volledige stel diens items (vonkprop, filters ens.) vir jou noodkragopwekker in geval van nood. Toets jou noodkragopwekker minstens weekliks en let op die toestand van die brandstof en pype. Prop tot prop koppeling van ān noodkragopwekker aan jou huis is uiters gevaarlik en onwettig. Kry jou elektrisiĆ«n om vir jou ān oorskakelaar te installeer op jou verdelingsbord wat verkieslik jou stoof en geyser ontkoppel as na die noodkragopwekker oorgeskakel word. ān Elektrise sertifikaat is ook nodig vir wets-en-versekeringsdoeleindes.
Moet nooit ān noodkragopwekker in ān toe of klein vertrek laat loop nie. Dit kan oorverhit en die uilaatgasse kan lewensgevaarlik wees.
Hou ān goeie noodhulpkassie in jou huis. Wees ook vertroud met die inhoud en gebruik van die inhoud. Dit kan ān lewe red.
Maak seker jy hou noodnommers byderhand.
Moet nooit tuingereedskap of ander gereedskap buite laat rondlĆŖ waar misdadigers dit kan steel of kan gebruik om toegang tot jou huis te kry nie.



