Jagersfontein slikramp: Só word nou gemaak met slik
Jy kan nog dié week 'n verskil maak vir die mense van Jagersfontein wat deur die slikramp geraak is.
As tydelike maatreël word die slik van die gebreekte Jagersfontein-myndam nou in die historiese ‘groot gat’ van die myn gepomp wat die grootste handgegrawe gat ter wêreld is. Dit is groter as die bekende Kimberley se gat en beslaan 19,65ha. Toestemming vir die tydelike maatreël is deur departement waterwese en sanitasie gegee, berig Netwerk24.
Veral Charlesville en Itumeleng se inwoners is swaar geraak nadat ‘n damwal by die Jagersfontein-myn gebreek en die slik ‘n pad van verwoesting agtergelaat het. Talle huise is verwoes in die ramp, en het mense alles verloor wat hul gehad het. Minstens een persoon is dood, en twee mense word steeds vermis.
Toe Parys net meer as twee maande gelede ernstige waternood gehad het, het mense letterlik van oral oor gehelp. Nou is dit ons beurt om uit te reik en ‘n gemeenskap in nood te help.
Dit maak nie saak hoe groot of klein jou bydrae is nie, kom ons help op een van die volgende twee maniere.

Parysenaars wat ‘n fisiese bydrae wil gee soos hierbo aangedui, kan dit tot en met 23 September tussen 09:00 en 13:00 by die NG Kerk Parys-Oos afgee of by Parys Primêre skool. Mense in Koppies kan hul bydrae afgee by Agri Mekka.
As jy navrae het of later iets wil afgee as die tye hier aangedui, skakel asb
Marie la Cock (Parys) by 082 779 2025
Carina Serfontein (Koppies) by 083 635 2851.



