News

Het jy gesien hoe lyk Allenbystraat nou?

Mense soos julle maak 'n verskil

Wanneer het jy laas in Allenbystraat gery?

Gaan kyk bietjie. Danksy drs. Johan en Brigitta Wessels van Parys Dierehospitaal wat die sny van die sypaadjiegras in Allenbystraat  moontlik gemaak het met die hulp van Sanette van Petit Jardin, en bydraes van inwoners van Allenbystraat, sal jy nie glo hoe netjies dit nou hier lyk nie.Selfs die bome is gesnoei.

Die span het ook die sypaadjie gedeelte voor die munisipale kantore in Allenbystraat, en by ‘n bouvallige munisipale eiendom in die straat skoongemaak. By die munisipale eiendom is 20 vullissakke alleen volgemaak en weggery.

Vandag, Dinsdag 25 Oktober, het Sanette en haar span verder skoongemaak en volgende week kom hulle weer.

Skoonmaak en netjies maak wat uit mense se eie sakke kom.

Dit word raakgesien nie net deur Parysenaars nie, maar die talle mense wat hierdie pad ry om by die AfriDome te kom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button