Sport

Boetie en sussie ewe bedrewe met onderwaterhokkie

Ewan Stoltz en sy sussie Amarissa, twee tuisskool leerders van Parys, is ewe bedrewe wanneer dit by onderwaterhokkie kom. Albei het vanjaar aan die SA kam- pioenskappe deelgeneem. Die 15-jarige Ewan het aan Fin Swimming by die SA kampioenskappe deelgeneem waar sy span silwer gewen het. Hierbenewens is Ewan na die individuele proewe genooi vir …

Ewan Stoltz en sy sussie Amarissa, twee tuisskool leerders van Parys, is ewe bedrewe wanneer dit by onderwaterhokkie kom. Albei het vanjaar aan die SA kam- pioenskappe deelgeneem.
Die 15-jarige Ewan het aan Fin Swimming by die SA kampioenskappe deelgeneem waar sy span silwer gewen het.
Hierbenewens is Ewan na die individuele proewe genooi vir die kies van die SA o.19 onderwaterhokkie-span, en is hy ingesluit in die SA span wat gedurende Oktober aan ‘n Beach & Bush Tournament deelgeneem het. Die span het ‘n sesde plek algeheel in die ope-afdeling behaal. Die SA span het ook goud verower.
Die 10-jarige Amarissa het vir die Noordwes o.14 span aan Fin Swimming by die SA kampioenskappe deelgeneem en brons verower. Daarna het sy ook haar provinsie by die SA kampioenskappe vir o.13’s verteenwoordig, waar hulle ‘n silwer medalje gewen het.
Ewan en Amarissa speel vir Potch Sub Aqua Club. Ewan het onderwaterhokkie begin speel toe hy maar 13 jaar oud was en Amarissa op 10-jarige ouderdom.
Hulle oefen gemiddeld drie tot vier ure per week, maar Ewan moes vir die SA span sowat 10 ure per week saam met die klub en op sy eie oefen, bo en behalwe ekstra oefeninge en toetse wat met die oog op die SA kampioenskappe gehou is. Onderwaterhokkie is baie soos hokkie wat op ‘n hokkieveld gespeel word, met twee spanne wat teen mekaar meeding om doele aan te teken. Vir onderwaterhokkie is die stokke korter en word ‘n loodgewig in plaas van ‘n bal gebruik.
Hulle speel met vinne en snorkels en daar is ses aan ‘n kant en drie skeidsregters in die water wanneer daar ‘n wedstryd gespeel word. Hulle speel op die bodem in swembaddens van 2,5m diep.
Jy hoef nie ‘n gala-swemmer te wees nie, maar jy moet taamlik sterk kan swem en sterk longe hê om jou asem onder die water te kan hou.
Skakel Corlia by 082 456 4390 by 082 456 4390 as jy meer oor dié sportsoort wil weet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button