Local newsSport

Parade-skouspel, ruiter-vernuf en presisie by SA Western Mounted Games

Die kampioenskappe duur tot Vrydag en kan gratis deur toeskouers bygewoon word.

Die SA Western Mounted Games met 735 ruiter/perd inskrywings uit al nege die land se provinsies, sowel as van Botswana en Zimbabwe sorg dié week vir ‘n aksiebelaaide skouspel by die AfriDome in Parys. Een van die hoogtepunte is die internasionale kragmeting wanneer Suid-Afrika se Proteas en die Britse ruiterspan mekaar die stryd sal aansê.

Die 4-jarige Amelia Wentzel ry al perd vandat sy 2 jaar oud is en is een van die jongste deelnemers by die kampioenskap.  Amelia is op die rug van Jasmin. By haar is mamma Judith Wentzel. Foto: Liezl Scheepers
Die 4-jarige Amelia Wentzel ry al perd vandat sy 2 jaar oud is en is een van die jongste deelnemers by die kampioenskap. Amelia is op die rug van Jasmin. By haar is mamma Judith Wentzel. Foto: Liezl Scheepers

Die vaardigheid van hierdie ruiters wanneer daar tussen die pale en dromme deurgevleg word is iets om te sien, en is spoed en presisie van die deurslaggewende faktore in die ruiterdissipline.

Die skouspel van honderde perde en ruiters is Maandag 28 September gesien met die parade en amptelike opening van die kampioenskap. Die parade vir die internasionale kampioenskap vind plaas Woensdag 30 September.

Uitsonderlike ruiterkuns-vernuf en presisie kan weer die week by die kampioenskappe gesien word. Foto: Liezl Scheepers
Uitsonderlike ruiterkuns-vernuf en presisie kan weer die week by die kampioenskap gesien word. Foto’s: Liezl Scheepers

Ruiters ding mee in agt arenas en moet alle ruiters aan die verskillende items deelneem tydens die kampioenskap, Van die items sluit in Barel Racing, Speed Ball, Pole Bending, Keyhole en Figure 8 Flags, en verg besondere vernuf van perd en ruiter wat teen tyd die uitdagings op die baan moet voltooi.

Die kampioenskappe wat vanjaar vir die 15 jaar aangebied word, is oop vir die publiek en toegang is gratis. Kom kyk na die ongelooflike ruiterkuns en ondersteun die deelnemers.

Die kampioenskappe begin daagliks om 08:00.

Daar is ook stalletjies op die terrein en eet- en drinkgoed wat te koop aangebied word sowel as ‘n restaurant.

Die aankondiger op sy pos.

Onthou om jou bestuurslisensie saam te neem vir skandering vir toegang by die AfriDome in Allenbystraat.

Vandag se items sal in die onderdak arena plaasvind.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button