News

Nampo-besoekers gewaarsku oor water op dié pad

Nampo word nog tot Vrydag, 19 Mei aangebied met meer as 800 uitstallers. Die Oesdagplaashekke maak soggens om 07:00 oop en sluit weer om 17:00.

‘n Vragmotor wat ‘n vrag mielies vervoer het, het Vrydag, 12 Mei net voor middernag in die water wat steeds oor die R59 tussen Viljoenskroon en Bothaville (by die Viljoenskroon silo’s) oor die pad stroom, beland en omgeslaan.

Die vragmotorbestuuder kon egter betyds op die dak van die vragmotor se kajuit klim, en is met ‘n kano uit die water gehaal. Daar is Saterdagoggend nog vir ure gesukkel om die vragmotor uit die water te kry.

Mense wat die Oesdagplaas buite Bothaville vir Nampo wil besoek, moet asseblief op die padtekens let waar aangedui word dat alternatiewe roetes gebruik moet word, aangesien die R59 tussen Viljoenskroon en Bothaville waar die water oor die pad stroom, steeds vir verkeer gesluit is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button