Local newsSchool
Tien van Parys in NVS Bokkie en Rhinoweek-spanne ingesluit
Parys seuns maak naam op die rugbyveld


Tien van Hoërskool Parys se rugbyspelers het die eer te beurt geval om vir die Noord-Vrystaat Bokkiespan en Fezile Dabi Rhinoweek rugbyspanne onderskeidelik gekies te word.

Herman Steyn is ingesluit in die Noord-Vrystaat Bokkiespan.


WC Croeser en Leon du Plessis is gekies om vir die 0.16 en 0.17 spanne onderskeidelik op die veld te draf tydens die Rhino-rugbyweek.

Sewe spelers van Hoërskool Parys se o.15-rugbyspan is ook ingesluit in die Fezile Dabi Rhinoweek span. Hulle is Xander Pretorius, Caleb Butler, Nico Rust, Kyle Kruger, Jandré van Heerden, Henk Small en AC Lewies. Die Rhino rugbyweek vind plaas van 27 Junie tot 1 Julie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!


