News

Dié trek laat koppe draai van Lydenburg tot in Pretoria

'n Ossewa-trek met 16 waens van Clarens na Parys het in Mei 2022 ook wye belangstelling gelok

Sover as wat die geskiedkundige trek met vier ossewaens vandag, Saterdag 22 Julie, van Lydenburg in Mpumalanga na die Voortrekkermonument in Pretoria beweeg het, het skares mense die tog deur dorpe soos Lydenburg en Dullstroom dopgehou.

Die ossewaens het behoort aan Christoffel Johannes du Toit Viljoen wat saam met sy vrou, Jennifer, ‘n huismuseum in die laat 1990s begin het. Met sy dood in 2007 het Jennifer sy nalatenskap met trots bewaar. Die Viljoen-familie het egter nou besluit om die ossewaens aan die Voortrekkermonument te skenk.

Viljoen met met die skenking gesê dat daar geen ander plek in Suid-Afrika is wat hierdie waens ‘n beter kultuurtuiste kan bied nie.

Die skenking het die Voortrekkermonument se ossewa-familie na 18 ossewaens laat groei, het die Voortrekkermonument en Natuurreservaat in ‘n verklaring gesê.

Die tog van ongeveer 300 km is  aangepak deur ’n konvooi wat bestaan het uit die Rapportryerbeweging se Jakaranda-tak, en personeel van die Voortrekkermonument.

Die Rapportryers se president, Johan Roos, sê dat dit vir hulle ’n  groot voorreg is om betrokke te kan wees by so ’n historiese trek.

Vanjaar is ook die 185ste herdenking van die Slag van Bloedrivier en die Groot Trek,, en is dit belangrik dat daar bewusmakingaksies en projekte soos hierdie gebeur om die gemeenskap saam te trek,” sê Jaco Cilliers van die Voortrekkermonument.

Viljoen het met die skuif van die ossewaens die afgelope naweek gesê sy nie kan wag om die ossewaens – wat vir meer as 25 jaar in haar en haar man se bewaring was – by hulle nuwe tuiste te sien nie.

Parys Gazette het in Mei 2022 berig van die geskiedkundige tog toe 16 ossewaens op sleepwaens gelaai is en van ‘n ossewa-kamp in Clarens gebring is na die FAK se Udolpho Rivierplaas net buite Parys.

Nie oor riviere en berge nie, maar na dekades is die ossewaens wat eintlik transportwaens is, pad langs gebring na hul nuwe tuiste wat deesdae ‘n unieke akkommodasiefasiliteit bied vir besoekers aan Udolpho ‘n Kosbare erfenis waarvan een van die ossewaens uit die 1800’s dateer – een van min wat nog oor is in die land nadat die meeste tydens die Anglo Boere-oorlog verbrand is. Die ander dateer uit die 1900s.

Die ossewakamp in Clarens het  voorheen besoekers van heinde en verre na die skilderagtige Vrystaatse dorp gelok, maar is die hele ossewa-kamp deur die FAK gekoop om by Udolpho te vestig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button