News

Parys-ruiters wys hul slag by kwalifiserende kampioenskappe

Baie geluk aan hierdie ruiters

Twee Parysenaars, Ninette Jansen van Rensburg en Kealley Hugo het aan die Western Mounted Q1 en Q5 kwalifiserende kampioenskappe in Potchefstroom deelgeneem.

Ninette het op Two Moons Eragon vir Q1 vlak 3 ‘n eerste plek, tweede plek en twee derde plekke behaal, en vir Q5 vlak 3 ‘n eerste en ‘n derde plek. Keal- ley Hugo het op Midnight vir Q1 opgeskuif na vlak 2. Sy behaal ‘n tweede plek en ‘n derde plek, en vir Q5 ‘n tweede en derde plek. Albei ruiters is geborg deur Joy of Life Appaloosa stoet.

Ninette Jansen van Rensburg met Two Moons Eragon, saam met Kealley Hugo met Midnight. Die foto is die afgelope naweek met hul deelname in Bethlehem geneem.

Die afgelope naweek het hulle aan die streekkampioenskap in Bethlehem deelgeneem waar Ninette ‘n eerste plek, tweede en derde plek behaal het, en aangewys is as reserwe kampioen. Keally het ‘n eerste plek behaal vir haar item.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button