NewsNews

Geen Meningitis sê PUK

‘n Damestudent aan die NWU se Potchefstroomkampus is met ‘n virale breinontsteking gediagnoseer.

‘n Damestudent aan die NWU se Potchefstroomkampus is met ‘n virale breinontsteking gediagnoseer.

Volgens ‘n verklaring op die NWU-Pukke Facebook-bladwat  is dit NIE die aansteeklike breinvliesontsteking is nie.

“Sy is in ‘n hospitaal in Krugersdorp opgeneem en word vir haar simptome behandel. Daar is dus geen moontlikheid vir aansteeklikheid nie en ons versoek u om enige gerugte oor meningitis op die kampus in die kiem te smoor,” lui die verklaring

Vroeër vanjaar is Nicola Badenhorst aan breinvliesontsteking oorlede en  Leana Labuschagne is verlede jaar ook aan die siekte oorlede.

Johan van Zyl, skakelbeampte by die Potchefstroom kampus, het by navraag beklemtoon dat dit NIE die aansteeklike breinvliesontsteking is nie.

“Ons het mense in kennis gestel bloot omdat daar gerugte die rondtes gedoen het dat die geval ook meningitis was,” het Van Zyl gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button